Kyk weer

View previous topic View next topic Go down

Kyk weer

Post by Ilze on Mon 25 Aug 2008 - 6:31

Onlangs was daar konsternasie op een van Gauteng se snelwe toe 'n man met 'n knuppel uit sy motor gespring het en iemand in 'n ander kar wou bydam. Wat die probleem was, weet ek nie, behalwe dat twee mense van verskillende velkleure mekaar op straat wou uitsorteer. Sulke tonele is sleg. Frustrasies loop hoog.

Ekself het onlangs amper deurgeloop onder die vuiste van 'n groepie "warm manne" toe ek hulle in die openbaar aangepraat het oor hulle klipharde rassistiese taal. Die oplossing vir slegte verhoudings? Wel, ek weet minstens een ding: wanneer ek s ek's 'n Christen, dan het ek nie 'n lisensie om enigiemand liefdeloos te behandel nie. Dan raak ek kleurblind en statusdoof. Dis wat Paulus bedoel as hy in Galasirs 3:28 die nuwe beginsels vir Christene leer oor verhoudings. Hy s dat daar in Christus nie meer Jood of Griek, slaaf of vrymens, of man of vrou bestaan nie. Hierdie grense is uitgevee deur Jesus. Wanneer ek in Christus glo, dan verander die manier waarop ek na ander kyk. Dan sien ek nie eerstens raak of hulle ryk of arm, mooi of lelik, wit of swart is nie. Nee, dan kyk ek totdat ek Christus in hulle raaksien.

Die Here vra ons om op te kyk na ander mense, maak nie saak wat hul posisie, geslag, geloof of beroep is nie. Hy vra ons om mense te behandel soos wat onsself behandel sou wou word, n soos wat hulle ook graag behandel sou wou word. En Hy vra dat ons dit heel eerste aan hulle sal doen. Ons moet ander mense elke keer verras deur die mooi maniere waarop ons hulle op die hande dra.

Gebed

Heer, maak my blind vir menslike verskille

En vir foute en oortredings

Laat my eerder U goedheid raaksien

Help my om te kyk tot ek U sien in elkeen wat my pad kruis

Maak my nederig genoeg om eerste te dien en te doen

Maak my 'n voltydse verspreider van u genade

En 'n permanente bediende van u goedheid

In Christus se Naam

Amen
avatar
Ilze
V.I.P. Member
V.I.P. Member

Number of posts : 8208
Age : 41
Location : Kuruman
Mood :
Registration date : 2008-07-02

Back to top Go down

Re: Kyk weer

Post by EHT on Wed 27 Aug 2008 - 8:36

Baie dankie.

EHT
V.I.P. Member
V.I.P. Member

Number of posts : 1157
Age : 39
Location : Windhoek, Namibia
Mood :
Registration date : 2008-07-16

Back to top Go down

View previous topic View next topic Back to top


 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum