Die lappies smous

View previous topic View next topic Go down

Die lappies smous

Post by Ilze on Tue 19 Aug 2008 - 13:01

Voor dagbreek een Vrydag sien ek 'n jongman, aantreklik en sterk, deur
die agterstrate van ons stad loop. Hy trek 'n karretjie waarop 'n spul lappe lÍ. Hulle lyk pragtig skoon, nuut en helderkleurig.

"Lappe! Lappe! Lappe! Nuwe lappe vir oues!" roep die jongman. "Ek neem
jou stukkende lappe! Kom ruil dit om vir nuwes."

"Merkwaardig", sÍ ek vir myself. Dit lyk na so 'n gawe, sterk jong man.
Sou hy dan nie 'n beter werkkan kry nie? Waarom nou met lappe smous? My nuuskierigheid was so geprikkel dat ek hom gevolg het. En ek is nie
teleurgestel nie. By die eerste huis waar die lappiesmous verbygaan, sit
'n vrou op die stoep en huil. Haar sakdoek was sopnat en haar skouers het
geruk van die snikke. Dit was duidelik: haar hart was stukkend.

Die lappiesmous het sy karretjie gestop en na die vrou gestap. "Mevrou,
gee jou lap vir my", het hy saggies gesÍ, "ek sal vir jou 'n nuwe lap gee."
Toe neem hy die sakdoek en plaas 'n nuwe lapsakdoek in haar handpalm. Toe begin hy weer sy karretjie trek terwyl hy met sy ander hand 'n snaakse ding doen. Hy sit die vrou se nat sakdoek teen sy oŽ en begin self huil. Die vrou se trane het intussen opgedroog.

"Dis 'n wonder!" het ek uitgeroep, en die huilende lappiesmous verder
gevolg. "Lappe! Lappe! Nuwe lappe vir oues!" roep hy.

Kort daarna kom die lappiesmous op 'n jongmeisie af. 'n Erg bebloede
verband was rondom 'n yslike wond aan haar kop gedraai. Haar oŽ was dof
en leeg. Toe haal die lappiesmous 'n vrolike geel laphoed uit sy karretjie. "Kom, gee my jou lap en ek sal jou myne gee!" bied hy aan. Die meisie het hom net aangestaar. Toe gaan hy nader en haal met 'n teer gebaar die bebloede verband van haar kop af en draai dit om sy eie kop. Skielik het
sy begin glimlag. Ek het na my asem gesnak, want saam met die verband het die wond gekom. Die bloed het nou oor sy gesig gestroom, en haar wond was genees.
"Lappe! Lappe! Ek ruil ou lappe vir nuwes!" roep die sterk, huilende,
bloeiende lappiesmous.

Toe hy 'n man met net een arm raaksien, vra hy: "Het jy werk, meneer?"
"Is jy laf? antwoord die afarm-man bitter. "Wie sal mykan gebruik?" "Gee my jou baadjie, dan gee ek jou myne," antwoord die lappiesmous met gesag. Toe die ruiltransaksie voltooi is, kon ek my oŽ nie glo nie. Die man het nou twee volmaakte arms gehad en die lappiesmous net een! "Gaan werk nou!" was die lappiesmous se vriendelike bevel.

So het die lappiesmous aangestap: huilend, bloeiend, gebreklik, oud en
siek. Met sy enigste arm het hy sy karretjie getrek. My hart wou breek toe ek die droewige verandering in die mooi, sterk man se voorkoms sien.

Toe hy by die vullisdepot op die heuwel buite die stad kom het hy daar
inmekaargesak en gesterf.

Ek het my seker aan die slaap gehuil - en later agtergekom dat ek
dwarsdeur die res van daardie Vrydag en die Saterdag daar gelÍ en slaap het. Die SondagmŰre vroeg is ek wakker geskok deur 'n verblindende lig wat rondom my skyn. Toe my oŽ daaraan gewoond raak, was ek die getuie van die wonder van alle wonders.

Voor my het die lappiesmous gestaan. Hy was weer jonk en mooi en lewend!
En al die lappe wat hy langs die pad by stukkende mense gekry het, was
silwerskoon.

Ek stap toe na hom toe en vra: "Trek my ook nuut aan."

Toe verruil my Here my vodde vir pragtige nuwe klere, en sÍ: "Gaan
vertel vir jou vriende: As julle mekaar liefhet, sal almal weet julle is my
lappiesmouse vir die wÍreld."

0o _ o0 0o _ o0 0o _ o0 0o _ o0

MAG JY*..

- Nooit omdraai wanneer jy teleurgestel word nie.
- nooit ophou wanneer jy verloor het nie.
- nooit bly lÍ wanneer jy geval het nie.
- nooit haat wanneer jy nie waardeer word nie.
- nooit hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie.
- nooit rus wanneer jy voorspoed gevind het nie.
- nooit in die steek laat wanneer jy vertrou word nie.

MAG JY*.

- Altyd lewe met die wete dat jy met 'n doel lewe.
- altyd ly in die geloof dat lyding krag bring.
- altyd doen met die besef dat dit jou taak is.
- altyd gee en deur jou gawe verryk word.
- altyd gereelmagtigheid en ondersteuning
- altyd lewe met die oog op die onsienlike.
avatar
Ilze
V.I.P. Member
V.I.P. Member

Number of posts : 8208
Age : 41
Location : Kuruman
Mood :
Registration date : 2008-07-02

Back to top Go down

Re: Die lappies smous

Post by Mandri on Tue 19 Aug 2008 - 13:06

Dis soooooooooo mooi!

_________________
Stillbirths - 5 May 2008 - beautiful twin boys (28 weeks)

MC - 5 February 2009 (6 weeks)



9 April 2012 †BFP first beta 256 (15dpo), second beta 674 (17dpo), third beta 5544.80 (21dpo), heard the heartbeat on 26 April 2012 (123bpm)

16 November 2013 BFP†first beta 48.3, second beta 119, third beta 263, fourth beta 1583, fifth beta 8240, heard the heartbeat on 3 December 2013 (111bpm)
avatar
Mandri
Moderator
Moderator

Number of posts : 10058
Age : 32
Location : Ermelo
Mood :
Registration date : 2008-07-03

http://www.mandri-poasaddict.blogspot.com

Back to top Go down

Re: Die lappies smous

Post by EHT on Wed 20 Aug 2008 - 9:08

Beautiful!!!
Thank you

EHT
V.I.P. Member
V.I.P. Member

Number of posts : 1157
Age : 38
Location : Windhoek, Namibia
Mood :
Registration date : 2008-07-16

Back to top Go down

Re: Die lappies smous

Post by Sponsored content


Sponsored content


Back to top Go down

View previous topic View next topic Back to top


 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum