Stadig oor die klippe!

View previous topic View next topic Go down

Stadig oor die klippe!

Post by Ilze on Sun 2 Nov 2008 - 22:09

Stadig oor die klippe!



Party mense se lewe is een groot kompetisie. Hulle moet altyd eerste by die volgende rooi verkeerslig stilhou. In enige ry moet hulle voor staan. In elke eksamen moet hulle onder die top tien eindig. As iemand iets beter as hulle doen, dan is hulle grasgroen van jaloesie. Dikwels is hierdie kompetisie openlik, maar ander kere minder opsigtelik. Maar jy weet wanneer sulke kompeteerders jou uitgekies het as hulle nuutste teiken. Hulle wil gedurig weet hoe jy presteer. Wel, moenie deelneem nie. Die Here het jou 'n mens in eie reg gemaak. Jy hoef jouself nie gedurig teenoor ander te bewys nie, veral nie teenoor kompeteerders wat met 'n swak selfbeeld opgeskeep sit nie. Wees tevrede met wie en wat jy is. Die Here het jou immers jy gemaak! So leer Psalm 139 jou. En jy gaan jy bly totdat jy nie meer daar is nie!



Dit verg baie energie om 'n beeld na buite toe in stand te hou wat nie eg is nie. Wanneer jy iemand probeer wees wat jy nie binne in jouself is nie, dan is jy eintlik 'n gevangene van jouself en ander. Daarom dat daar niks so bevrydend soos eerlikheid is nie. Om te wys dat jy ook seerkry as die lewe jou stamp, of om te weet dat jy nie al die antwoorde hoef te ken nie, is om vry te wees. Maar die grootste vryheid van alles, is om jou maskers in die teenwoordigheid van God af te haal. Vra maar vir daardie man in Lukas 18 wat net een sinnetjie voor God kon uitkry: "Wees my, arme sondaar, genadig!" Hy het net daar weggestap as iemand wie se saak met God reg was.





Gebed



Dankie Here vir vryheid, U S'n

Dankie vir lewe, U soort lewe

Dankie ook vir egtheid in U teenwoordigheid

En vir ruim porsies geluk

U is 'n wonderlike God,

U is groot en so goed

Daarom dat ek U vandag loof in Christus se Naam



Amen
avatar
Ilze
V.I.P. Member
V.I.P. Member

Number of posts : 8208
Age : 41
Location : Kuruman
Mood :
Registration date : 2008-07-02

Back to top Go down

View previous topic View next topic Back to top


 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum