Laat Christus jou self vertel hoekom Hy mens geword het.

View previous topic View next topic Go down

Laat Christus jou self vertel hoekom Hy mens geword het.

Post by Ilze on Tue 1 Dec 2009 - 19:45

Kersfees is so spesiaal! Dis mos asof ons almal groter toegeneentheid, so bietjie meer begrip en 'n groter porsie liefde wl uitdeel. Maar dit mag ook wees dat die blinkliggie-kersvader-wreld ons ietwat onbetrokke maak oor die feit dat God self as 'n Kripkind na hierdie aarde toe gekom het. Of dat ons nog nooit werklik Kersfees in ons hart laat intrek het nie. Word vir 'n oomblik rustig en laat toe dat die Christus-Kind jou self vertel waarom Hy vir j Mens geword het:

My Vader-God het die lewe en sy mense met soveel skoonheid en verwagting geskape. Gou het die mens egter gekies om sy eie pad te loop. Deur die eeue het Hy probeer om deur leiers, profete en konings sy mense naby Hom te hou, maar keer op keer het hulle gewys dat hulle uit hulself nie in staat is om n van sy wette behoorlik na te kom nie. Dit was toe dat die Vader besluit het om My, sy Seun, aarde toe te stuur. Ek moes as Mns aan die kruis sterf omdat slegs 'n mens vir die mensdom se sondes kon betaal.

So is Ek een nag in 'n stal in Bethlehem gebore. My ouers, wat op daardie stadium vir 'n volkstelling in Bethlehem was, was maar arm mense. Daarom het my aardse pa my sommer in doeke toegedraai en in 'n krip tuisgemaak. Ek het grootgeword in Nasaret waar Ek my pa met skrynwerk gehelp het. In my vroe dertigerjare het my amptelike bediening begin en het Ek in verskillende streke gepreek, mense gesond gemaak en die verlossingsboodskap gebring. Maar my eintlike doel was iets veel groters. Ek moes aan 'n wrede kruis sterf ... om vir die mensdom se sondes te betaal ... Ja, Ek moes aarde toe kom om j van jou sondeskuld te verlos sodat jy eendag saam met My, my Vader en die Gees in die hemel kan wees.

Wanneer jy vanjaar my geboortedag vier, wil Ek, die Seun van God, jou aan die volgende herinner:

Ek het gekom om aan jou hoop te bring. Soos die volk Israel gehoop het dat Ek sal kom om hulle te verlos, so kan jy met sekerheid hoop dat Ek weer sal kom. Dan kom Ek om jou en almal wat in my glo vir altyd saam met My te neem sodat julle ewige vrede, liefde en vervulling kan ervaar.
Ek het gekom om aan jou en die hele wreld vrede te bring. Die profeet Jesaja het my Vredevors genoem omdat Ek ewige vrede gebring het ... vrede wat volkome sal wees met my tweede koms.
Ek het gekom om ondanks die pyn en hartseer van hierdie wreld aan jou vreugde te bring. Wanneer jy met die wete leef dat Ek altyd by jou is en jou nooit in die steek sal laat nie, sal jy selfs in jou grootste nood en seer 'n stuk blywende vreugde ervaar.
Ek het gekom om aan jou die volmaakte offer die liefde te bring. Ek het my lewe vir jou kom gee omdat Ek jou so onbeskryflik, so oneindig en so volkome lief het! Ek het gekom sodat jy nie verlore sal gaan nie, maar die ewigheid saam met My kan deurbring (Joh 3:16).
Mag jy hierdie Kersfees saam met My in die stal van Bethlehem sit en eer aan God in die hoogste hemele bring. Mag jy intens bewus word van my teenwoordigheid in jou lewe en mag jy hoop, vrede, vreugde en liefde aan almal om jou uitdeel.

Want Ek is vir jou gebore, Ek, die Seun, is aan jou gegee. Ek is die Heerser met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. (Jes 9:5 verwerk)
avatar
Ilze
V.I.P. Member
V.I.P. Member

Number of posts : 8208
Age : 41
Location : Kuruman
Mood :
Registration date : 2008-07-02

Back to top Go down

View previous topic View next topic Back to top

- Similar topics

 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum